School Communicator

Die School Communicator is 'n elektroniese program wat afgelaai word op jou persoonlike rekenaar. Dit word daagliks opgedateer deur Laerskool Paarl Gimnasium en hou ouers ingelig oor enige skool– en sportaangeleenthede. Die School Communicator skakel onnodige navrae uit mits dit getrou gebruik word.

Die Kitsnuus, 'n weeklikse skrywe met die nuutste Gim-nuus, word Donderdae 13:00 opgedateer op die School Communicator. Ook die kwartaalprogram word op die kalender aangegee en opgedateer soos datums en geleenthede verander of afgestel word. Enige ander skoolverwante skrywes kan ook onder die afdeling "Bronne" gevind word.

Om die School Communicator af te laai:

  1. Kliek op http://www.school-communicator.com/download.php
  2. Selekteer Paarl Laerskool Gimnasium
  3. Selekteer Windows
  4. Run
  5. Security warning: Run
  6. Aflaaiproses begin