Assessering
By Laerskool Paarl Gimnasium word streng volgens beleid en voorskrifte van die WKOD onderrig en geassesseer. Ons kurrikulum onderskryf die volgende:
-
Elke kind kan leer en sukses ervaar.
-
Sekere kinders benodig meer/minder tyd om te kan leer.
By Laerskool Paarl Gimnasium is alle klasse vanaf gr. 4 – gr. 7 toegerus met televisies. Chromebooks word deur die leerders gebruik, om assessering vir leer relevant te hou. Dit bring die buitewêreld na die klaskamer en maak die leerproses vir die leerlinge interessant en toepaslik.

Grondslagfase (Gr. 00 - 3)
-
Leerlinge kry onderrig en word deurlopend in die volgende vakke geassesseer:
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language (Gr. R uitgesluit), Wiskunde en Lewensvaardigheid (Liggaamlike opvoeding; Persoonlike en Sosiale Welsyn en Skeppende Kunste). -
Assessering geskied deurlopend deur middel van formele assesseringstake en –aktiwiteite wat volgens ‘n 7-kode skaal bepunt word.
-
Gr. 1 – 3 ontvang ook basiese onderrig in isiXhosa as Tweede Addisonele Taal.
-
Leerlinge wat intervensie benodig, word na elke assessering geïdentifiseer en ontvang dan die nodige ondersteuning tydens intervensieklasse na skool.
-
Klasassistente in elke graad bied verder ekstra individuele hulp in klastyd aan leerlinge wie dit sou benodig.
-
Robotika word ook aangebied as 'n amptelike akademiese vak

Intermediêre en Seniorfase
Gr. 4- tot 6-leerlinge ontvang volgens die Kurrikulum Assesseringsbeleid Verklaring (KABV) onderrig in 6 vakke, nl.
-
Afrikaans Huistaal/English Home Language
-
English First Additional Language
-
Wiskunde
-
Natuurwetenskappe en Tegnologie
-
Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Aardrykskunde)
-
Lewensvaardigheid (Liggaamlike opvoeding; Persoonlike en Sosiale Welsyn en Skeppende Kunste)
-
Robotika
-
Rekenaaropleiding (klem op Microsoft365 pakket)
Gr. 7-leerlinge ontvang volgens die Kurrikulum Assesseringsbeleid Verklaring (KABV) onderrig in 9 vakke, nl.
-
Afrikaans Huistaal/English Home Language
-
English First Additional Language
-
Wiskunde
-
Natuurwetenskappe
-
Tegnologie
-
EBW (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
-
Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Aardrykskunde)
-
Lewensvaardigheid (Liggaamlike opvoeding; Persoonlike en Sosiale Welsyn)
-
Kuns en Kultuur
-
Robotika
-
Rekenaaropleiding (klem op Microsoft365 pakket)
By alle fases word ‘n hoë premie op akademiese werk geplaas. Daar word deur middel van differensiasie na elke leerling se spesifieke behoeftes omgesien.
Individuele hulp word sover moontlik verleen. ‘n Multidissiplinêre benadering word gevolg, deurdat professionele didaktiese hulp en terapeute ingespan word as ondersteuning vir akademiese probleme.
Ander probleme wat leerlinge mag hê, word verwys na die SGOS. (Skoolgebaseerde Ondersteuningspan).

Hoofleiers 2025
Leerondersteuning
Die volgende ondersteuningsdienste is beskikbaar:|
Opvoeder Ondersteuningspan (SGOS):
Die hooffunksie van die span is om gewone opvoeders, asook die leerondersteuningsopvoeder van raad te bedien ten opsigte van die identifisering van leerlinge met spesifieke onderwys-behoeftes en die ontwikkeling van programme om hulle te ondersteun.
Leerderondersteuning
Leerlinge wat hindernisse tot leer ervaar, word deur die SGOS-span verwys vir leerondersteuning in die middae na skool. Ondersteuning in tale en/of wiskunde sal aan hierdie leerlinge gebied word deur leerondersteuningsterapeute.
Bronklas
Die klein groepie leerlinge met kognitiewe gestremdhede in dié eenheid volg ’n alternatiewe kurrikulum. Leerlinge kan slegs deur die WKOD na die Bronklas verwys word.

Robotika
Laerskool Paarl Gimnasium se visie is om ‘n Gimjifieke kind te help ontwikkel. Tegnologie ontwikkel voortdurend en hoewel ons een van die oudste skole in die land is, streef ons daarna om aanpasbaar te bly.
Die hoofdoelwitte van robotika en kodering sluit die volgende in:
-
Probleemoplossing
-
Kritiese denke
-
Spanwerk
-
Kreatiewe denke
-
Vir leerlinge om tot ‘n veranderende samelewing deur tegnologie by te dra
Graad 4 – 7 (Lego Spike Prime)
Ons het ‘n gevestigde robotikaklub wat in die middae van Maandag – Donderdag vir graad 4 – 7 leerlinge aangebied word. Die klub het tans 62 lede. Die klub maak gebruik van Lego-robotte en chromebooks. Deelname aan verskeie kompetisies word voorop gestel.
Graad 2 – 3 (Lego Spike Essential)
Die Junior Robotika Klub word van Maandag tot Donderdag aangebied. Hierdie klub het meer as 60 lede. Leerlinge leer vaardighede aan deur pret te hê en in spanne saam te werk. Die klub maak gebruik van Lego-robotte en chromebooks. Deelname aan verskeie kompetisies word voorop gestel.