top of page

Ons Geskiedenis

Op 12 Januarie 1858 is Paarl Gimnasium deur ds. G.W.A. van der Lingen gestig.

Hierdie volksleier, kerkleier en onderwysleier het ‘n onuitwisbare stempel nagelaat. Paarl Gimnasium is gestig met eenduisend pond wat deur ds. Van der Lingen ingesamel is vir ‘n teologiese kweekskool vir NG predikante. Toe Stellenbosch voorkeur kry, het sy opvoedkundige ideaal in die Paarl in vervulling gegaan met die oprigting van Paarl Gimnasium.

Hy het die ontwerp van die gebou self gekies en het ruim bygedra tot die instandhouding daarvan. Paarl Gimnasium was ‘n kerkskool waar moedertaalonderrig (Hollands) ‘n vereiste was. As stigter het ds. Van der Lingen die fondament gelê vir ‘n trotse onderwystradisie. Arnoldus Pannevis, taalgeleerde en vriend van ds. Van der Lingen, word deur die leraar se toedoen as onderwyser aan Paarl Gimnasium aangestel. Hy sien die destydse Kaaps-Hollands as ‘n taal in eie reg en lewer ‘n pleidooi vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans.

Sy ideale word oorgedra na een van sy leerlinge, S.J. du Toit, wat die eerste predikant van die Noorder-Paarl Gemeente was. Sy pastorie was in Paarl Gimnasium waar sy seun, Totius, dan ook gebore is. Hy het onderrig in klassieke tale gegee en het saam met die kerkraad van Noorder-Paarl die beheer en toesig oor dié Gimnasium oorgeneem.

Die belangrikste is egter dat hierdie besielde kampvegters vir Afrikaans, Van der Lingen en Pannevis se onderwysideale verder kon uitbou in Paarl Gimnasium, maar ook later in die destydse ZAR en vandaar oor die hele Suid-Afrika.​

Ons poog om die ryke tradisie van Paarl Gimnasium voort te sit. Elke Gimmie is dus daagliks ‘n mede-bouer aan Paarl Gimnasium se geskiedenis.

Tydlyn

1925

1963

1964

1967

1968

1970

1973

1975

1976

1992

1994

1998

Afrikaans word as taal erken

Mnr. A.P. van Niekerk – Skoolhoof (1963-1970)

Die skeiding tussen hoër- en laerskool vind plaas. Opening van skool: 201 seuns en 7 leerkragte

Die eerste dogter, Melinda Bouwer, word ingeskryf

Die skoolgebou word tot ‘n historiese monument verklaar

Prof. P.R. de Wet – Skoolhoof (1970-1975)

Paarl Gimnasium word as Afrikaansmedium skool verklaar

Leerlingtal groei tot 475 (Op daardie stadium die grootste laerskool in die Paarl)

Mnr. I.J.M. Strauss – Skoolhoof (1976-1992)

Dr. H.A. Brand – Skoolhoof (1992-1993)

Mnr. J.C. Swart – Skoolhoof (1994-1997)

Mnr. M.V. Carstens – Skoolhoof (1998-2014)

1999

Vernoem raadsaal na S.J. du Toit

1999

Chevé-klubhuis is voltooi

2004

Huis Klein Drakenstein (koshuis) open sy deure. (2004-2013)

2008

Paarl Gimnasium vier sy 150ste bestaansjaar

Afdelings van gebou word na oud-hoofde vernoem

2015

Mnr. S.D. le Roux – Skoolhoof (2015-2022)

2018

‘n Nuwe grondslagfase en voorskoolse sentrum is voltooi asook die Pannevis-saal met nasorgfasiliteite.

Tydens die skool se 160ste bestaansjaar is ‘n tydkapsule op die skoolterrein begrawe om deur die nageslag in 2058 oopgemaak te word

2022

2023

2024

Mnr. H. Nel neem waar as Waarnemende Skoolhoof (2022-2024)

Gimnasium vier 165 jaar en ‘n glansryke aand word gehou in die Katedraalkelder van die K.W.V.

Mnr. Louis Lategan word aangestel as nuwe Skoolhoof vanaf April 2024

1858

Paarl Gimnasium word as privaatskool gestig

1920

Paarl Gimnasium word ‘n volwaardige staatskool

Afrikaans is 100 jaar oud (8 Mei)

Laerskool Paarl Gimnasium bou Astro-hokkiebaan

2025

Skoollied

Geskryf: Mnr. Andries Dreyer

Getoonset: Ds. W.H. Boshoff

 

In die middel van die Paarl-stad

Deur die natuur bekoor,

Staan onse skool waarvan jul nog

Die helft’ nie het gehoor,

Gimnasium is sy soete naam,

Ons min hom almal teer,

En strewe na sy roem en faam,

Sy glorie en sy eer.

Sy glorie en sy eer,

Sy glorie en sy eer,

En strewe na sy roem en faam,

Sy glorie en sy eer.

Luister gerus ons skoollied:

Skoollied
00:00 / 00:59

Skoolwapen

LEUSE:  Die son van geregtigheid bestraal ons.

Laerskool Paarl Gimnasium se skoolwapen is heraldies uniek in die opsig dat die tipiese Franse Fleur de Lis hier hiërogliewies deur die Egiptiese lotusblom of iris voorgestel word. Dit was die simbool van die Farao koningshuis.

“Die son van geregtigheid” wat uit die see opkom, is ‘n Christelike religieuse simbool en versinnebeeld Christus wat die Lig van die wêreld is en deur sy Woord die Goddelike geregtigheid uitstraal oor dié wat Hom vrees en sy gebooie onderhou.

Die sirkel rondom “die son van geregtigheid” wat uit die see opkom, word gesimboliseer deur ywerige miskruiers wat in ‘n ewigdurende sirkel kruip. Die miskruier is ‘n Egiptiese simbool van arbeid, vrugbaarheid en volmaaktheid. Die volgende oes waardeur mens en dier oorleef, word verseker deurdat die miskruier telkens die geleentheid gegun word om sy arbeid voort te sit. So ontstaan ‘n ewigdurende oorlewingskringloop wat deur die Egiptenare as simbool van volmaaktheid beskou word.

Die purper kleur van Gimnasium se skoolwapen, en oorspronklik ook die kleur van die skoolbaadjies (vandaar die benaming “Bloedworse”), is ‘n koningskleur en het religieuse simboliek deurdat die purper ook van toepassing gemaak kan word op Christus.

Die skild is ‘n kenteken. Daarop is in die Middeleeue, en waarskynlik ook vroeër, die soldaat se verbintenis aangetoon.

Die banieropskrif slaan terug op die baniere wat tydens seremoniële geleenthede ingespan is om slagspreuke voor te hou.

Fasiliteite

IMG_4305.JPG

Skool

Voorskoolse Sentrum

Die Voorskoolse Sentrum is geleë regoor die Laerskool in Gimnasiumstraat. Die Voorskoolse Sentrum, Gimlaggies, het aparte klasse vir gr. 00 en gr. 0.​

 

Die Voorskoolse Sentrum beskik oor 4 opgeleide klasopvoeders en 2 bekwame assistente. Die akademiese program wat gevolg word, word in oorleg met die grondslagfase-opvoeders uitgewerk om te verseker dat die kleintjies gereed is vir gr. R.

Met Gimlaggies se aparte fasiliteit en speelterrein is dit moontlik dat die jonger kinders onafhanklik van die Laerskool kan funksioneer en speel. Tog is dit logisties maklik vir ouers wat hul ouer kinders net oorkant die pad aflaai.

Alhoewel die Voorskoolse Sentrum onafhanklik funksioneer, is daar ‘n noue wisselwerking tussen hulle en die Laerskool. Die gr. 00- en gr. 0-leerlinge word betrek by meeste van die aktiwiteite wat vir die grondslagfase-leerlinge aangebied word, bv. die kleure-atletiek, speletjiesdae en poppekasvertonings. Ook word dieselfde buitemuurse aktiwiteite soos playball, karate, ballet en gimnastiek vir die Voorskoolse leerlinge aangebied.

By Gimlaggies word daar met glimlaggies gewerk en gespeel.

Graad R-Speelterrein en Nasorgsentrum

Laerskool Paarl Gimnasium Nasorgsentrum word deur Laerskool Paarl Gimnasium bestuur. Leerlinge van gr. R tot gr. 7 word by die skool gehaal. Die sportkinders word teen ’n ekstra tarief per bus na hul sport vervoer. Indien die bussie nie beskikbaar is nie, stap die kinders onder toesig sportvelde toe en terug.

Maandag tot Vrydag: 12:00 - 17:30

Studietye: 14:30 - 15:30 of 15:30 - 16:30

Nasorgtye tydens vakansies: 07:30 - 17:30

Die Nasorgsentrum bied die volgende:

  • ‘n Huislike atmosfeer

  • Deeglike toesig en beheer

  • Hulp met huiswerk

  • Opvoeding van kinders

  • Ruim speelgrond

  • Toegeruste administratiewe kantoor

  • Interessante vakansieprogramme

  • Ligte verversings

  • Besorging van leerlinge by sport

Kontak die skool direk vir inskrywings of navrae: nasorg@kleingim.co.za.

Wagklas

‘n Onafhanklike wagklas (vir gr. R-3 leerlinge totdat ouer boeties/sussies verdaag) is beskikbaar onder die toesig van ‘n bekwame volwassene. Kontak die skool vir meer inligting.

IMG_4305.JPG

Sport

Skooldrag

Hierdie is die formele skooldrag en kan by De Jagers aangekoop word.

Sommige van hierdie items (tweedehands, teen bekostigbare pryse) is ook by die skool se klerebank beskikbaar. Stuur 'n e-pos aan dienste@kleingim.co.za vir meer inligting.

Vir meer inligting rakende skoolklere: Sien die Ouergids, te vinde op D6 School Communicator by Bronne/Skoolsake/Ouergids of klik hier.

Graad R - 7 

Seuns

Dogters

Dit moet verkieslik ‘n bottelgroen, stewige tas met harde afskortings binne wees.Indien dit ‘n rugsak-tipe skooltas is, moet dit nog steeds harde afskortings binne hê met twee drabande oor skouers.

 

Let wel: Geen wieletjietasse word toegelaat.

Die Gim-rugsak is slegs vir nasorg- en/of sportklere. Dit mag nie as ‘n skooltas gebruik word nie.

Skooltas

Gim-rugsak

Skooltas.png
Stationery

Klik hier vir ons Ouergids

bottom of page