top of page

Musiek

  • Geprivatiseer – raadpleeg die skool met navrae i.v.m. pryse en beskikbaarheid.

  • Gekwalifiseerde, gespesialiseerde musiekonderwyseresse.

  • Onderrig in klassieke klavier, blokfluit, kitaar en “keyboard”.

  • Lesse vind na skoolure plaas.

  • Meestal individuele lesse, maar blokfluit groeplesse is soms moontlik as leerlinge op dieselfde ontwikkelings- en vorderingsvlak is.

  • Praktiese en teoretiese werk word geïnkorporeer tydens lesse.

  • Leerlinge word voorberei vir Unisa en/of Royal Schools eksamens, asook vir deelname aan die Paarl Vallei Eisteddfod.

  • Musiekvoorspeelgeleenthede vind minstens 2 x per jaar plaas.

  • Formele assessering met vorderingsverslag in Junie en November.

Slagorkes

  • Junior Slagorkes (gr. 1-3) en Senior Slagorkes (gr. 4-7)•

  • Vir alle leerlinge wat die vreugde wil ervaar daarvan om saam musiek te maak.

  • Orff-instrumente in kombinasie met bv. blokfluite, slaginstrumente, ens. word gebruik.

Koor

By die koor ontwikkel leerlinge ‘n liefde en waardering vir sang en musiek deur liedere te sing wat relevant in hulle leefwêreld is. Ons werk hard aan veral stemontwikkeling, gehoor en asemhaling, maar die belangrikste is dat die leerlinge die sang en musiek moet geniet.

  • Junior Koor (gr. 1-3) en Senior Koor (gr. 4-7)

  • Oefeninge tydens skoolure en, indien nodig, word bykomende oefentye vroegtydig gereël.

  • Skooldrag word as koordrag gedra.

  • Keuring van belangstellende koorlede aan die hand van stemtoetse (normaalweg Januarie).

  • Die Senior Koor hou jaarliks (Jan./Feb.) ‘n oefenkamp waartydens nuwe repertorium aangeleer word en koorlede mekaar beter leer ken.

  • Optredes: skoolgeleenthede, tydens eredienste by kerke, die Paarl Vallei Eisteddfod, ens.

Redenaars

Leerlinge moet met selfvertroue ‘n beredeneerde toespraak voor ‘n gehoor lewer en die gehoor kan oortuig van hul standpunt.  Kreatiewe en logiese denke;  asook kritiese luister- en leesvaardighede word ontwikkel.
 

Ons bied die volgende geleenthede:
 

  • Interne Redenaars

  • Interskole Redenaars

  • ATKV Redenaars

  • Interschools Debating Competition

Eisteddfod

Ons gee jaarliks ons leerlinge geleentheid om deel te neem aan die volgende:

  • Paarl Vallei Eisteddfod (klavier, blokfluit, koor, slagorkes en visuele kuns)

  • Interskole Kunstefees (alle woordkuns)

Kuns

“Every child is an artist”

– Pablo Picasso

By Laerskool Paarl Gimnasium kry elke leerder die geleentheid om tydens skoolure gehalte kunsonderrig te ontvang. Leerders word blootgestel aan ‘n verskeidenheid media om hul kennis van die vak te verbreed. Leerders kry die geleentheid om onder leiding 2D- en 3D-projekte te skep. Visuele geletterdheid word as deel van die kurrikulum onderrig.|
 

Gimmie-kuns is die buitemuurse program waar ‘n klein groepie Gr. 2 - 7 leerders in die middae ekstra kunsonderrig ontvang. In hierdie klasse word daar op gevorderde kunsprojekte gefokus.
 

Vir navrae e-pos kuns@kleingim.co.za 

bottom of page